Pous Pius IX

Pous Pius IX
Geboortenaam Giovanni Maria Mastai-Ferretti
Pontifikaat begin 16 Junie 1846
Pontifikaat eindig 7 Februarie 1878
Voorganger Gregorius XVI
Opvolger Leo XIII
Gebore 13 Mei 1792
Senigallia, Hertogdom Urbino
Sterf 7 Februarie 1878
Rome, Italië
Ander pouse genaamd Pius
Geseënde Pous Pius IX
Gebore 13 Mei 1792, Senigallia, Hertogdom Urbino
Sterfte 7 Februarie 1878, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Saligverklaring 3 September 2000, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Johannes Paulus II
Feesdag 7 Februarie
Attribute Pouslike klere, pouslike tiara
Beskermheilige Pius Seminarium van Rome,[1] Senigallia,[2] Bisdom van Senigallia,[2] Eerste Vatikaanse Konsilie

Pius IX was die 255ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk vir 31 jaar, 11 maande en 23 dae, van 1846 tot 1878. Na Petrus (35 jaar) was hy die langsregerende pous tot dusver (2016).

Onder Pius IX kom die wêreldlike mag van die pous tot 'n einde. Die Rooms-Katolieke Kerk verloor die bestuur oor die hele Kerklike Staat ingesluit die stad Rome aan die nuwe koninkryk Italië. Vanaf 1870 beskou Pius homself as die gevangene van die Vatikaan en weier hy alle samewerking met die Italiaanse staat.

In 1854 kondig Pius IX die dogma van die Onbevlekte Ontvangenis van Maria af. As hoof van de Kerk roep Pius die Eerste Vatikaanse Konsilie (1869–1870) byeen, waarop die onfeilbaarheid van die pous as dogma goedgekeur word. Tydens sy lang pontifikaat word 206 nuwe bisdomme opgerig.

In die jaar 2000 word Pius deur Pous Johannes Paulus II salig verklaar. Dit het baie kritiek uitgelok veral omdat sy houding jeens die Jode nie onomstrede was nie.

  1. "IL SEMINARIO PIO DI ROMA E LA DIOCESI DI SENIGALLIA" (in Italiaans). Papa Pio IX. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2015. Besoek op 18 Maart 2015.
  2. 2,0 2,1 "Cause of Beatification" (in Italiaans). Papa Pio IX. 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Augustus 2015. Besoek op 18 Maart 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search